Dis tyd vir die LEKKERSTE Hengel Kompetisie!
Loskopdam | Boot en Oewer
12 Oktober 2019
Swaarste Karp

Skryf vandag in vir LEKKER FM se Hengel Kompetisie en staan die kans om LEKKER pryse te wen!

1 ste Prys vir Boot en Oewer is R10 000 elk, kontant, plus 'n 7 dae Mozambique Vakansie komplimente van Palm Grove.                                                                                                                              

Merk die datum vandag op jou kalender: 12 Oktober 2019 - Loskopdam. Inskrywings sluit 04 Oktober 2019

Baie vermaak op die dag met verskeie kunstenaars aangebied deur IB Entertainment. Daar sal ook baie vermaak vir die kinders wees deur die dag so ook eet en drinkgoed.

Inskrywingsfooi vir die Hengel Kompetisie.
(Betaalbaar aan LEKKER FM direk, via aanlyn inskrywingsvorm)

- Fooi per Hengelaar: R300 / 2 Stokke

Inskrywingsvorm 

Ingangsfooie Dagbesoekers 
(Betaalbaar aan Loskopdam direk op die dag)

- Fooi per Dagbesoeker: R100
- Fooi per Voertuig: R50 

Hengel Kompetisie begin:

- Begin tyd: 05H00
- Inweeg tyd: 14H00 - 16H00
- Afsnytyd: 16H00
- Prysuitdeling: 17H00

Vir enige Stalletjie besprekings kontak asb die kantoor by 012 664 1167

Pryse

1ste Prys, Boot en Oewer: R10 000 + 7 dae Mozambique Vakansie by Palm Grove Lodge (10 Slaaper)

2de Prys, Boot en Oewer: R5000 + 7 dae Mozambique Vakansie by Palm Grove Lodge (10 Slaaper)

3de Prys, Boot en Oewer: R2500

Daar is ook baie troospryse en gelukkige trekkings deur die dag!!!

Betalings en Aanlynbetalings

Inskrywingsvorms MOET ingevul word met enige vorm van betaling. Heg ook asb die "Bewys van Betaling" aan as u 'n elektroniese betaling doen. Met Zapper is die bewys van betaling nie nodig nie, maar die inskrywingsvorm MOET nog steeds ingevul word.

Bankbesonderhede
Rek Naam: LEKKER FM
Bank: FNB
Rek Nr: 62764763548
Tak Nr: 250 655

Inskrywingsvorm

Verwysings Nommer moet u I.D. nommer wees.


Termes en Voorwaardes:

Elke Hengelaar moet 'n aparte "Pre-Entry" aanlynvorm voltooi.

Een Hengelaar per Inskrywingsvorm.

Slegs 2 stokke per hengelaar.

Geen pryse kan vir kontant geruil word nie en is nie oordraagbaar nie.

Die Organiseerders, oord en / of borge van hierdie kompetisie sal geen verantwoordelikheid aanvaar vir enige gebeurlikheid wat uit die kompetisie mag voorspruit nie.

Deelname geskied op eie risiko en dus kan geen eis teen die organiseerders en / of borge instel word nie.

Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. 

Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen gesprek of korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Inskrywings en foto’s word die eiendom van LEKKER FM. 

Wenners en finaliste moet bereid wees om afgeneem te word en hiermee gee jy ook ons die reg om jou foto op alle vorm van Sosiale platvorms te gebruik.

Wanneer jy inskryf, stem jy om by ons reëls te hou.

Werknemers en hulle gesinne van LEKKER FM mag nie aan kompetisies deelneem nie.

Geen aasboot of kano's word toegelaat.

VOLG ONS






LUISTER NOU



POTGOOI - LUISTER WEER


JOU WEER

LUISTER TUNEIN OF STREEMA