LEKKER FM 98.3 Gholfdag Magalies Park – 28 Junie 2019

Skryf jou 4 bal in voor 21 Junie 2019 en betaal slegs R2500 per 4 bal. 

LEKKER FM 98.3 bied ‘n Gholfdag aan op die 28 Junie 2019 by die pragtige Magalies Park.

Die doel van die Gholfdag is om fondse in te samel vir LEKKER FM se transmissie toerusting.

Sluitingsdatum vir inskrywings is 21/06/19

Inskrywingsvorm 

LEKKER FM gaan ook gedeelte van die opbrengste skenk aan CANSA


BORGE.

Die volgende borge is beskikbaar vir die dag:

Hoofborg: R25 000.00

• Die Hoofborg sal volle Bemarkings Regte kry vanaf die hoof ingang tot by die Klubhuis en Borg van Gat 1 kry.
• 4-Bal.
• 90 X 30 sek advertensie tydglewe per Maand vir 3 Maande.
• 5 Min Onderhoud op LEKKER FM enige tyd voor of na die Gholfdag.

Halfweg-huis en etes | R7000.00, sluit die volgende in (eetgoed-word deur klub verskaf):

• Bemarking van die spesifieke Putjie, asook al die gasvryheidsvereistes van die put van 06:00 tot 17:00 op die dag. Bring asseblief u eie tafels, stoele en verwante spyseniering benodighede vir die dag. Dit kan teen u eie koste by die Magalies Park gereël word. 
• 4-Bal.
• 5 Min Onderhoud op LEKKER FM enige tyd voor of na die Gholfdag.
• 30 X “Live Reads” op LEKKER FM 98.3.

Borg van Putjie: R3500.00, sluit die volgende in:

• Bemarking van die spesifieke Putjie, asook al die gasvryheidsvereistes van die put van 06:00 tot 17:00 op die dag. Bring asseblief u eie tafels, stoele en verwante spyseniering benodighede vir die dag. Dit kan teen u eie koste by die Magalies Park gereël word. 
• 5 Min Onderhoud op LEKKER FM enige tyd voor of na die Gholfdag.

“Putting Green”- Borgskap (Oefen setperk) R2000.00
• Bemarking material by die “Putting Green”.

4-Bal Inskrywing sluit in: 

• Baanfooi.
• 2 Gholfkarre per 4 Bal Span.
• Halfweghuis Ete.
• Prysuitdeling plus 'n LEKKER Aandete.

U is welkom om u metgesel na die prysuitdeling / onthaal te bring, teen ’n addisionele koste van R300.00 per persoon.

VOLG ONS






LUISTER NOU



POTGOOI - LUISTER WEER


JOU WEER

LUISTER TUNEIN OF STREEMA