5 Sekonde Goue Oue Uitdaging Kompetisie 

Neem nou deel aan ons 5 Sekonde Goue Oue Uitdaging Kompetisie en staan die kans om vinnig 'n geldjie te wen!

Kliek net op die Audio Speler hierbo en luister of jy die 5 liedjies herken. Al 5 liedjies kom uit die Goue Oue era uit 1950-1985.

As jy die liedjies herken moet jy dan elke oggend (Maandag-Vrydag) 'n "WhatsApp Stemnota" deur stuur na 063 745 0 745. Gee dan jou naam en die Liedjies se titel en die naam van die kunstenaar of groep. 

Jy mag eers na 06:10 jou WhatsApp stemnota boodskap stuur en dan word die eerste 3 gekies. Ons speel dit dan uit net na 06:30 en laat weet jou op die selle tyd op die lug of jy reg of verkeerd was. 

Onthou ons soek die naam van die kunstenaar / groep en die liedjie se naam. Jy moet 10 antwoorde deurgee en al 10 antwoorde reg hê.

Die kontant prys begin op R2000 en raak met 'n R100 minder per dag as niemand hom regkry nie.

So kom ons sien of jy slim is as dit by musiek kom!

LET WEL: Deur om jou stemnota deur te stuur gee jy LEKKER FM die reg om dit op die lug te speel.

Sterkte............ :)

LEKKER FM 98.3
Dit kan net LEKKER raak!








VOLG ONS






LUISTER NOU

JOU WEER

Laai die "TuneIn App" af...