In hierdie nuwe era van moderne leefstyle, deurlopende tegnologiese vooruitgang, kitsoplossings en algehele vordering in die lewe, sal ’n mens dink dat ’n beter lewe vir almal verkrygbaar is. Ongelukkig is dit net ’n vergesogte droom. In werklikheid is daar miljoene mense in Suid-Afrika wat ’n desperate behoefte het aan iemand wat hul noodkreet sal hoor en ’n helpende hand sal offer. Dít is presies wat Noodkreet, ’n nuwe, nie-winsgewende organisasie, beoog om te doen.

Volgens statistieke wat deur Statistieke Suid-Afrika uitgereik is, leef ’n geskatte 20.2% van die Suid-Afrikaanse bevolking steeds onder die broodlyn. Dit kom neer op sowat 10 miljoen mense. Kan jy jou indink? 10 Miljoen mense wat nie genoeg het om te eet nie en bowendien heel waarskynlik in agtergeblewe gebiede woon, wat gewoonlik beteken dat hulle ook behoeftes vir, onder meer, beter gesondheidsorg, vervoer en onderwys het.

As ons ooit nader aan die droom van gesonde, gelukkige lewens vir almal in ons reënboognasie wil wees, moet ons aksie neem en ’n verskil maak, maak nie saak hoe klein nie. Dit is waarom Noodkreet gestig is, om ’n verskil te maak – al is dit meestal in en rondom Pretoria vir nou, met die moontlikheid om later nie nét in Pretoria nie, maar ook in Gauteng en Suid-Afrika as ’n geheel te help. Noodkreet sal self so ver gaan om hulp in uitsonderlike gevalle in die buiteland aan te bied (byvoorbeeld, deur voedsel en gesondheidsorg te borg vir persone wat tydens ’n natuurlike ramp gely het).

Met hul hooffokus om op ’n plaaslike vlak aan ander uit te reik, wil Noodkreet, tesame met LEKKER FM 98.3, jou vra om te help om individue, gesinne, skole, dierebeskermingsorganisasies en ander nie-winsgewende organisasies in en om Pretoria te identifiseer wat hulp benodig. Hul doel is om die gemeeskap te help waar hulp benodig word – of dit nou beteken om gesinne wat finansieel sukkel te ondersteun, om uitreike in die gemeenskap uit te voer of selfs om berading vir diegene aan te bied wat traumatiese ervarings beleef het.

Die goeie nuus is dat Noodkreet reeds geïmplementeer word en dat die nuus oor dié nie-winsgewende organisasie reeds besig is om te versprei op LEKKER FM 98.3. Nou nooi Noodkreet ander individue en besighede uit om saam met hulle te werk om sodoende selfs meer te kan bereik. 

As jy betrokke wil raak, kontak ons asseblief.

Stuur Epos  

VOLG ONS






LUISTER NOU

JOU WEER

Laai die "TuneIn App" af...